Thursday, February 18, 2010
David Nefdt, VCSV se nuwe Uitvoerende Hoof
Die VCSV is ’n groot familie van mense wat saam die liefde van Jesus na jongmense in Suid-Afrika wil uitdra. Oor baie jare heen het die Here die organisasie wonderlik gebruik om jongmense se lewens te verander.Ek bring eer aan almal wat oor die jare onverpoosd gearbei het om die organisasie te bring tot waar dit vandag is. Groot dank aan Vic Brink, ons huidige bestuurspan, ons personeel, die Nasionale Bestuur en Dagbestuur en al die ondersteuners wat meegewerk het om die organisasie stewig op die pad te plaas om sy roeping uit te leef om “lewensveranderende ervaringe vir jongmense te skep”. ’n Spesiale woord van dank en waardering gaan ook aan ons VCSV-onderwysers, predikante en studente-vrywilligers waarsonder die organisasie nooit effektief kinders kan bedien nie.In ’n organisasie soos die VCSV is deelnemende en koƶperatiewe leierskap, waar ons saam soek na die Here se wil en plan vir elke situasie, baie belangrik.Ons leef in uitdagende tye. Charles Dickens se beskrywing van die laat agtiende eeu is vandag nog waar: “It was the best of times, it was the worst of times, it was the age of wisdom, it was the age of foolishness, it was the epoch of belief, it was the epoch of incredulity, it was the season of Light, it was the season of Darkness, it was the spring of hope, it was the winter of despair, we had everything before us, we had nothing before us...” (A Tale of Two Cities, bl 1).Die noodkreet van jongmense is vir werklike omgee-mentorskapverhoudings tussen mense; hulle soek nie mense wat goed vir hulle doen nie, maar mense wat hulle betrek. Hulle wil in hulle taal en deur hulle sosiale netwerke bereik word. Hulle soek egtheid en praktiese maniere om hulle geloof in Christus te leef. Die VCSV wil graag ’n bydrae maak om in diens van die breĆ« kerk jongmense so te bedien.Ons moet die jongmense van Suid-Afrika dien as rentmeesters van God se gawes van geleenthede en bronne en hulle terugbring na Bybelse waardes. Kom ons deel saam in God se droom vir die jeug van ons land. Bid saam met ons dat ons gedurig in geloofsafhanklikheid ons werk sal doen.“As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagters” (Psalm 127:1).
Subscribe to:
Comments (Atom)
